MOTIVATION

Inspiring others to achieve their goals

MOTIVATION

Inspiring others to achieve their goals

Slider

“Passionate about impacting and changing the lives of the next generation.”

Passionate about the next generation

I have always been passionate about being involved in schools and the lives of children. I believe that if you can impact and change the lives of the next generation, you are indeed changing the world.

I am very involved with the #HelpHetta project, a project that is driven by Solidarity Helping Hand. This project aims to provide sanitary ware to girls in schools across the country who cannot afford it”.

The #HelpHetta Project

Solidariteit Helpende Hand het die karakter, Hetta, geskep om elke meisie wat hierdie probleem ervaar, te verteenwoordig.

Hetta is ’n tienermeisie, soos enige ander meisie, maar Hetta kom uit ’n arm gesin en haar ouers het nie altyd genoeg geld om alles te koop wat sy nodig het nie. Haar maandelikse sanitêre produkte is een van die goed waarvoor haar ouers nie altyd fondse het nie. Gelukkig het Solidariteit Helpende Hand reeds in 2015 begin om sanitêre ware aan behoeftige meisies uit te deel.

Die HelpHetta-projek is geloods om verligting aan meisies te bring en om meisies te help om gemaklik te word met hulle menstruasiesiklus. Want vir Helpende Hand is dit belangrik dat meisiewees gemaklik moet wees vir ieder en elke meisie.

Helpende Hand het die volgende navorsing bekend gemaak wat onder Afrikaanse-skoolmeisies gedoen is:

  • 49% van skoolmeisies is nie gemaklik is om die onderwerp van menstruasie met hulle skoolmaats te bespreek nie.
  • Meer as 10% van skoolmeisies meen dat hulle nie genoeg sanitêre produkte vir ’n maand het nie.
  • ’n Verdere 7% het aangedui dat hulle skool mis vanweë ’n tekort aan hierdie produkte.
    Na aanleiding van dié skokkende statistiek is die #HelpHetta-projek begin. Ons kan nie toelaat dat vrouwees in die pad staan van ’n meisies se opvoeding nie!

Die #HelpHetta-projek verskaf sanitêre ware aan meer as 3200 skoolmeisies in +- 110 skole regoor die land. Helpende Hand hoofkantoor voorsien elke meisies drie maal ’n jaar van ’n Hetta-pakkie, terwyl Helpende Hand se landswye vrywilligertakke deurlopend produkte in hul gemeenskappe insamel en dit aan die Hetta-skole versprei.

Sedert die begin van die projek is al meer as R700 000 spandeer aan die #HelpHetta-projek wat sanitêre ware aan meisies versprei. Te danke aan Helpende Hand se maandelikse ondersteuners en lede van die publiek wat bydra tot die projek kan die projek voortgaan om meisies in die skool te hou. Meisies se uitdaging is uniek!

Die #HelpHetta-projek verskaf meer as 3200 meisies van Hetta-pakkies. Deur aan te sluit as ’n ondersteuner vir slegs R50 per maand kan jy help om te verseker dat elke meisie die nodige produkte het. Jy kan ook “HelpHetta” SMS na 38969 en daardeur bydra tot ’n pakkie sanitêre ware. Die SMS kos R10.

Kontak: 012 644 4390

SMS hand na 39950 (R2)
diens@helpendehand.co.za